Jongste aktiwiteit:

Gomsnuifer

waar het hy die stryd verloor
êrens wag daar iemand naby
tervergeefs aan sy koms
te ver heen op sy eie trant

strompel hy voor op sy eie
gomsakkie onder sy neus
en elke asemteug
op ‘n ander planet

pratende swerf hy rond
oor veld en straat vermaak
hy homself aan handgebare
dansende arms in beswyming

brein bespoel die gomsnuifer
in ‘n zombie homself in gesnuif
vanaand waar pype onder grond
word sy slaapplek sy heenkome

van gedagtes tog so ver heen
waar ‘n stryd gestry word van
‘n mens wat se kop hom gelos het
vas aan die slaap en alles vergete

Louisa van Vliet




Ek is n kind van God en is Jesus Christus my alles. Ek baie ingesteld op die waarheid en is heeltemal gekant teen leuens. Opregtheid en Eerlikheid is n passie by my. So wat ek in my gedigte en stories bring, is op die waarheid gebaseer. Alles wat my in die lewe geraak het, bring ek in my gedigte uit. Ek is n Afrikaner en murg en been. Wat jy sien, is wat jy kry. Spontaniteit en vriendelikheid is my lewe. As jy op my tone trap, gaan jy my beslis van hoor. Ek se n ding reguit en draai geen doekies om nie. My gehoorsaamheid word aan God die Eer gegee, want Hy is in beheer van my Lewe.

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed