Jongste aktiwiteit:

Kostroma se kombers

Omvou my met jou blomkombers
wek die son, uit haar winterslaap
Onthou om die lemoenbloeisels
se geure vry te laat.

Stuur dit met die wind op
laat dit los hier voor my deur
Stop die winter in haar spore,
betower haar met kleur.

Wink die skoenlappers nader,
hits hulle aan so met die wind
Vra die voëls om te vergader,
as die naguil vroegdag ophou sing

Swaai jou septer oor die vaalgras
laat die veldblomme weer blom.
Voor jy die reënboog met nuwe kleure was,
vra tog die geelperskereën
om góú hierlangs te kom!

* Kostroma: Russiese godin van vrugbaarheid en personifikasie van die lente  *




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak