Woorde
Ink wat bittersoet tap
uit my gekrokte veerpen,
voor ek dit padlangs verlê
en nooit weer terug sal wen.
My aangelapte sinne
in konkryt gekerf,
voordat dit verdwyn
en in die sterreruim sterf.
Gebloei op baspapier
my hart se rou woorde,
voor skep die wind dit
en kwyn my akkoorde.
My kwatryne gekribbel
op die palm van my hand,
voordat dit verdwaal
en in vergetelheid beland.
© Carla Visser
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.