Jongste aktiwiteit:

In die Bosveld

moontlik.

IN DIE BOSVELD

“Sing”
Ons sit in die Bosveld om ‘n vuurtjie wat brand
ons gooi kole ek met my kitaar in die hand
naggeluide so bekend in elkeen se oor
met die brul van leeus in die verte wat ons hoor

Koor
Ek lief die Bosveld nommer een
Ek lief vryheid my grootste seën
Ek lief die stilwees om my
tokkel oor die ruimte ooptheid maak my vry
Ek bly in die Bosveld ooptes
Ek bly in die Bosveld vreugdes
Ek omhels die Bosveldnag
waar my Bosveldliefde vir jou en my wag

vleisie op die kole oë wat om ons kom loer
gesels met ons vriende van predikant tot boer
almal een in liefde vir natuur-vryheid
vergeet ons saam van werk en die sorge die tyd

met die kole wat brand en die reuk van die nag
vrede vreugde liefde wat hoog vlam elke dag
ons manne praat – fluister stilte in my oor
dis die sterre in die hemel en diere koor

Koor
Ek lief die Bosveld nommer een
Ek lief vryheid my grootste seen
Ek lief die stilwees om my
Tokkel die ruimte ooptheid maak my vry
Ek bly in die Bosveld ooptes
Ek bly in die Bosveld vreugdes
Ek omhels die Bosveldnag
waar my Bosveldliefde vir jou en my wag

**Instrumente speel”

“Sing”
Die Bosveld het in my hart sy lêplek kom kry
waar die vlamme brand en ons saamwees gedy
gister verby vandag hier môre op pad
die maan en sterre wat aan my hartsnare vat

met die wind in my hare inkruip laat-laat nag
ek op Klaas Vakie se slaapsandjies nou wag
musiek van die natuur my gou-gou aan die slaap sus
ek weereens na liggaam siel gees vir môre rus

Koor
Ek lief die Bosveld nommer een
Ek lief vryheid my grootste seen
Ek lief die stilwees om
Tokkel die ruimte ooptheid maak my vry
Ek bly in die Bosveld ooptes
Ek bly in die Bosveld vreugdes
Ek omhels die Bosveldnag
waar my Bosveldliefde vir jou en my wag

©Kopiereg Linda du Plessis 10/11/2017




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed