Jongste aktiwiteit:

Woordmeester

Ek sien in my verbeelding
hoe glad jou woorde oor ‘n skerm vloei,
en wonder …
Sou jy – van aangesig tot aangesig –
ook so skroomloos en so vrylik
bloei?
Of sou jou woorde stadig kom –
oorweegd en selfbewus,
wetend dat jy (net soos ek)
bróós
en ook maar menslik is?

© Carma Shaw
9 November 2017




Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed