Grashalm groet
Vlamkleurig hang pop’lier en esdoring blaar –
helder geel en rooi getooi tot brons en goud,
versadigend gelouter in laaste sonstraal,
voordat blaarsteel kurkagtig en koud
die laaste lewenslyn in elk’ binne aar afsny
en boom skelet-kaal vinger wys na hemel blou
en winter skelm wit sy intrek kry,
nog voordat alles verkluim in grou
bleek tot spierwit niks… waai
‘n see van grashalms met ‘n laaste groet,
sodat seisoen sy gesig kan draai
en teen sy bors rus vir oulaas… sy son hoed,
so rus ons liefde in amber afwagting
totdat dit weer ontspring.
6 Kommentare
-
-

Viooltjie
baie goed gedoen, die opdrag goed uitgevoer :-)
-

Evelyn van der Merwe
versadigend gelouter in laaste sonstraal Hou hiervan. Voortreflik beskryf.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
dis die mooiste woordskildery! Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die herfs projek