Jongste aktiwiteit:

Die Gousblom kind

Die Gousblom kind

Bitterbessie dagbreek verkleur jou gousblom gesig,
sprei sy kombers oor die vlaktes van onthou
wyl sy mistieke glans op die horison ontvou
en die uil in jou hart verlig.

Dwarrel jou hand van stof tussen wier en gras,
nou nog soekend na lief, na lag.
Brand jou sandkorrels wyl ek wag,
wag vir jou môre wat reeds was.

Ek voel jou pyn – ek voel jou smart,
voel jou son van onregverdigheid brand,
hier waar ek sit met jou verse in my glas,
teug ek aan jou hartseer, verydel en swart.
Bedwelmend – op normaal se rand,
verdrink ek aan jou eindlose las.

(Opgedra aan Ingrid Jonker)




Om te skryf is my passie, vir 'n wyle ontvlug ek die gejaag. Kry ek 'n oomblik om te voel, te sien en weer te gee, skepping, harts taal - beleef ek die inner siel van my medemens.

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed