Ekstatiese bewegings
In sy lendelam stoel sit hy,
en staar oor die veld se bewegings.
Sy oë spartel deur die son,
dit dans rond deur die blou van die lug.
Vasgevang deur die helder oranje van die vlamme,
Amber, roes en bruingeel blare het opgegee,
om aan die takke vas te klou,
lê maar sommer so en ronddraai in die dwarrels.
Hy tel die verfkwas op en smeer,
die twee kleure op die palet deurmekaar,
die roospienk van ’n blomskede,
en olyfgrys soos die voeël daarbuite.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.