bitter van eensaam
in die laatmiddag
waar stofwinde
spoed optel
en die son anders
as gister se rooi
agter die weste se vaal stof inval,
breek haar moed
en versplinter
haar masker
soos die dam se watervlak
onder die wind verrimpel.
heldergeel
sak die ewigson
op sy plek soos beplan
om oorkant die oseaan
’n nuwe dag aan God se kinders te gee.
tussen haar snikke
proe sy ’n leksel sout
langs haar lippe
en wonder of Lewe
ook soms die bitter van eensaam voel?
©adéle
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie 2018 - OOP projek