My stamboom
Deurgrond lê jou wortels
diep geanker
waar die oppervlak
noukeurig wording vind
in die noue ontkomings
van jou stamboom
jou takke vleg
deur die groen
van ñ woud waar jou
selfbehoud standvastig
gevorm is deur die waardes
van gister se groeipyne
getroon staan jy gelykvormig
bo pieke van genade uit
en kan jy die horisons
sien wat môre gaan bring
want jy kyk met ñ hart
wat reeds die pad verken het
geanker in jou geloof
met jou stamboom wat spruit
uit die hoeksteen van Christus
staan jy vas in ñ toekoms
om die kroon te dra
wat bestem is vir jou
gekroon om in die paradys
van ons Vader te wees
om lof en eer te bring
aan ons Koning
die Enigste Een
tot in ewigheid.
© 2018 C. Holder
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Loretta Szikra
Baie goeie werk Chantelle.