Waar die hart is (opdrag 2)
dikwels, as ek deur hierdie voorstad ry
en spitsuurmotors kruie blink by my verby
laat ek my blik teësinnig
oor dié vooruitgang dwaal:
groot huise en fabrieke, torings in die mis,
die vaalheid van die vaal sement,
die ongenaakbaarheid van staal
huis voel nou soos ’n ander plek:
dis ’n Kannalandse droom
waar die aarde vry kan asemhaal
en mense nog in eenvoud
langs bontlapwasgoedlyne woon
dis waar kaalvoetkinders hout optel
om vredesvure te laat brand
dis die lui vlug van ’n swart kraai
oor Karooveld en ‘n rant
dis waar murasies in verslete skoonheid
op vlaktes en teen hellings pryk –
daar waar die hemel helder blou is
en wolke op hul witste lyk…
© Carma Shaw
17 Julie 2018
12:30
14 Kommentare
-
-
Elroux
Lieflike gedig wat my sommer laat verlang.
-
Driekie
Baie mooi geskryf, Viooltjie.
-
Loretta Szikra
Pragtig soos altyd Carma😊👌
-
Carin Erasmus
lieflike gedig...ek kry sommer heimwee...
-
Callie Vermeulen
Mooi neergepen Carma.
-
nadianagel
Pragtige gedig 🌸
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou deelname aan die Pendoring 2 / INK kompetisie