Jongste aktiwiteit:

Integriteit is nie te koop nie (Opdrag 2)

Sondag voor in die kerk
gaan jou stralende skynheiligheid
blindelings ongemerk
gebaadjie en gedas
met Gucci uit jou kas
en ‘n vet rol tiendes
om jou gewete blink te was
want Maandag by die werk
tref vlymskerp vloeke sterk
verneder en vergil jy
almal op jou pad

Tussen die armes van gees
mag jy ‘n afgod wees
maar die rykes van verstand
het jou setel lank gelede
tot koue as verbrand
In alle realiteit is jy ‘n arrogante leek
met vermaerde intellek
waar integriteit ontbreek
‘n armsalige rykmanskind
wat jou melk en heuning slinks
in nerf-af ouerhande vind

©Loretta Szikra




12 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed