Jongste aktiwiteit:

Ek vlug soms, lief

Goud

 

Ek vlieg soms oor ons land, my lief
’n enkeling aan’t vlug
van hierso tot ’n verweg plek
soos duiwe deur die lug.

Ek vlieg soms waar die wolke wit
oor berge heen en t’rug
so asof ek nie bang is nie
soos duiwe deur die lug.

My lief, die veld is soms aan’t blom
die son ’n sagte sug,
maar ek vlug omdat ek moet, my lief
soos duiwe deur die lug.

Daar was ’n tyd toe ons kon praat
oor niks, maar ook oor als;
ons woorde was so lig van voets
’n danser en ’n wals.

Maar nou is ek so sonder praat
’n enkeling aan’t vlug
en sommer net, verlang ek soms
na lank gelede t’rug (2)

© Carma Shaw
2 April 2018

* Pastiche gedig geskoei op Amanda Strydom se lied “Ek loop die pad”




Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed