Jongste aktiwiteit:

Die skei-ding

Die skei-ding

Ons het trou beloof
“tot die dood ons skei”
maar jy’t jou laat verlei
en toe los jy my.

Noem dit nie liefde nie,
wie probeer jy bedrieg?
Dit is geweld en roof
wat jy reg probeer lieg!

My gees gebreek
my hart gekraak
hier diep binne my
soek ek na wraak.

Jou beloftes was vals
jou leuens is groot
die dag toe jy my skei
toe gaan iets in my dood.

© Stephan Uys 2018/07/17




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed