Die donker god se waan (opdrag 4)
sal ooit die donker god verstaan
dat hy, verhewendheid te spyt,
geskape is – soos ape –
in die orde van primate
sal ooit die donker god verstaan
dat hy deur hebsug en selfwaan
– homself tot godheid durf beslaan –
alleen sal ondergaan
©Estelle Rubow
30/07/2018
7 Kommentare
-

Viooltjie
Goed geskryf, Estelle
-

Callie Vermeulen
Pragtig Estelle.
-

Carin Erasmus
uitstekend verwoord!!
-

Loretta Szikra
Baie wyse woorde Estelle, goed geskryf.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou deelname aan die Pendoring 2 / INK kompetisie