Reën
wanneer wolke woedend
aangesweef kom
dan bibber sterre van vrees
son en maan speel wegkruipertjie
oor barsting op pad
donderslae laat aarde kreun
soos weerligblitse foto’s neem
elke keer wanneer wolke ween
van opgekropte hartseer
oor dorre uitroep van die wêreld
blomme en gras
drink dorstig
druppels seëninge van bo
riviere loop laggend vol
om aan ander lafenis te gee
bome wieg
op maat van
wind se musiek
om hulle blydskap te vier
die droogte is verby
reën
kom les aarde
se dors
reën, lieflike r-e-ën
God se liefdesseën
©Jessica Venter
17/08/2017
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.