AS ‘N KIND
AS ‘N KIND
As ‘n klein kind
het ons moerbeie verslind
toe raak ons baie slim
om in die moerbei bome te klim
ons monde het gewater
en kon nie wag tot later
soos ‘n vuil morsjors
smul ons aan ‘n soet moerbei tros
dis ‘n groot pers gemors
jou hande is orals vuil bemors
ons kon dit mos nie los
dit gaan jou boude baie duur kos
jy wou mos
Ma gaan jou pak beslis nie uitlos
© Eleen van Deventer Vorster
17/10/2018
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Oktober 2018 projek