Nostalgie Visuele emosionele stimulasie SEISOENE
Nostalgie Visuele emosionele stimulasie
SEISOENE
Seisoene van emosies
sy vertel haar eie stories
van al die pyn en smart
diep in haar sagte hart
kyk deur haar siel se venster
net soos die ysige winter
haar lewe erg versplinter
vlieg sy hoog soos ‘n vlinder
spesiale vrou so broos
hou sy van ‘n bloedrooi roos
val die gekleurde herfblare
vloei haar onsigbare trane
haar liefde teer
sy doen dit weer
in parfuum geure
in mooi blomme kleure
© Eleen van Deventer Vorster
17/10/2018
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Oktober 2018 projek