Gesiggies
Gesiggies
God het jou so lief
jy is sy hartedief
pronkertjies op die grond
staan hulle orals rond
soos fyn blommetjies
klein fraai gesiggies
is hulle so wyd gestrooi
pers en pienk alte mooi
ek stap saam my nooi
ek wil die blomblaartjies oor haar gooi
die blom gesiggies kyk vir my
in my pragtige blomtuin
© Eleen van Deventer Vorster
17/10/2018
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Palet
Vrolike gedig