Jongste aktiwiteit:

Boervrou van Kwaggafontein

sy’s Maria Kamdeboo
‘n boervrou van Kwaggafontein
gebore en getoë in die Klein Karoo
goed opgevoed, ‘n fyn katryn

douvoordag staan sy op om die skape en beeste te voer
gestewel en gespoor
was dit nog altyd in haar bloed om te boer
nog nooit het sy haar hart verloor

maar sy droom oor ‘n blouoog boerseun om lief te hê
iemand om haar saans nag te sê

haar pa het haar met die F-100 leer bestuur
en om te plant in vars geploegde grond
ry sy die trekker beter as ‘n vier by vier
herinneringe bring ‘n bittersoet in haar mond

as sy haar grense span
draf sy en haar ou boerboel
deur die droë pan
Kwaggafontein was nog altyd vir haar bedoel

maar sy droom oor ‘n blouoog boerseun om lief te hê
iemand om haar saans nag te sê

agter op haar perd se rug
kan sy voluit galop
bring dit gelukkige tye terug
want binne is ‘n boerehart wat klop

maar wanneer reën oor haar plaas neer veer
en son met nag kom toor
dank sy haar hemelse Heer
dan neem die verlange oor

maar sy droom oor ‘n blouoog boerseun om lief te hê
iemand om haar saans nag te sê

©Jessica Venter
06/01/2019




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Amelia het n geregistreerde lid geword

  • Net_Anri het n geregistreerde lid geword

  • Amanda het ‘n nuwe publikasie gemaak