môre se leef bestaan
Bestaan môre se leef? ……..
Môre se leef bestaan.
die sak skaaf my wonde nog rouer
bloed en etter drup toueriger
en plof n stofwolk in my as
wat ek herhaaldelik strooi oor my sakjas
my infentaris is n bankrotskap
was ek die voorwerp van Sy gramskap?
VLOEK GOD EN STERF!!
ego dit in my ore
hoe aantreklik in hierdie verderf
nog n bloedetterdruppel plons in die as
as ek tog maar n onregverdige was?
VLOEK GOD EN STERF!
die ego wat my lot wil verwerf
onwankelbaar hou ek vas
verstikkend in die walm van my as
doen die potskerf sopnat sy skaaf werk
sal U getrouheid in my wroeging werk?
VLOEK GOD EN STERF!
weergalm dit op my werf
vervloekte geboortedag wat ek erf!
laat ek ook tog maar net sterf!
uitverkoop van myself
stop ek in my eie gewelf
as ek in U wyse rykdom delf
wees stil, dit is Ek self
Sy ontsag maak my stil
vir Sy eer het Hy dit so gewil
my redenasies is gelyk aan nul
luister as die Leeu van Juda brul
van hoorsê het ek gehoor
maar nou van U gehoor
môre se leef bestaan!
©Francois Meyer
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.