Die Taal
Dit is wat Afrikaans genoem was,
net: Die Taal…
Amper soos die eerste motorkar:
Die Kar…
Wat is ‘n taal?
‘n Instrument gevleg met woorde
saamgestel uit ses-en-twintig letters.
Net ses en twintig klein simbole
maar soos ‘n blomrangskikking
van die fynste korsmos kleure
groei tot ‘n grootse meesterstuk
onder die hand van die kunstenaar,
‘n delikate beeld van kleur en vorm
in dimensies ongeteld,
die eindproduk ‘n taal wat lewe,
groei, ontwikkel, aanpas,
tog die taal wat ons vertroosting bied
as ons verdwaal raak in die vreemde dialek
en soos vervloë aan die moederbors
die troos kom soek wat net ‘n moedertaal kan bied.
©Anton Bosch 25/03/2019
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Zebulon Kochk
Afrikaans is wonderlike met prag gepen 👍