Die Een Wat Eerste Gaan
As die see se deining stil raak
en die branders stilweg
oor die strand kom rol
dan vloei herinneringe deur my
soos heildronke gedrink,
van skemeraande saam met jou,
van drome saam gedroom
oor onbekende toekoms
maar die sekerheid van jou en my,
van ons twee saam,
het soos ons harte in ons bors geklop,
die horisonne het wyd oop gelê
ons tweespoorpad saam vasgestel…
toe kom die nuus,
jou hart sou ophou klop
wyl myne steeds sy eie ritme volg
en ek moes leer dat bloed wat vloei
‘n hart wat klop en asem in en uit
beteken glad nie lewe nie
en voete wat in treë loop
het nie altyd ‘n bestemming nie,
en almal wat my sien,
gestroop van hoop, weet,
dit is ‘n dooie man
wat hier verby ons loop…
©Anton Bosch 27/03/2019
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.