Jongste aktiwiteit:

Ek die see.

Ek die see..

My magtige water se koninkryk strek oor sewe oseane
my arms skei vastelande van strande
bote snelweg voort van hawe tot hawe
my hand is oop vir elke visserman se oes
visseskool, gly kruis en dwars in harmonie van een stroombaan na ñ ander

My gemoed wissel van eb tot vloed, maar nou is dit springgety
my swart-grou branders golf oorverdowend en troon hoog
my asem blaas oorlogperde met ñ wit windsproei aan
ek roskam my vingers deur hul maanhare
Al stormend tot op die slagveld van ñ hoogwaterstrand
my water bene snel voort en omsingel sandduine, totdat dit verkrummel, en terugtrek na my waters se heerskapy

Na die stormoorlog reik ek ñ hand vir ñ vredesband met die strand
Op ñ spieëlbloue dag van eb laat ek sonstrale in om seevloer langs te loop tot in die koudste uitgestrektheid van my abissale dieptes
in my hart se diepste kelders bewaar ek hartseer geheime van skeepswrakke steeds lank vergete
My trooshande streel dit sag met ñ koraalkombers

Tia©




Ek doen verpleging in psigiatrie as werk en is ‘n dromer wat graag dig en skryf.. maar nooit gedink enige iemand sal dit ooit raaklees... nou gryp elk elke geleentheid aan.. en geniet dit om met woorde te speel

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed