Jongste aktiwiteit:

  • Pikettie het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Pikettie het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Arnold het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Arnold het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Arnold het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Arnold het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Pikettie het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Pikettie het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Pikettie het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Marthie Joubert het ‘n nuwe publikasie gemaak

Vryheid van sang

as sy nie mag vlieg nie, laat haar sing
knip haar vlerke as jy wil
of stel die grense geografies
(maak die berge hemelhoog)

of bou ‘n kou om haar
uit stok of staal

maar doof tog nooit haar stem nie
laat haar lied hoër as die wolke styg
en oor alle velde daal

as sy dan nie mag vlieg nie,
bind haar vleuels met sisaltou
en maak die knope sterk

stel die grense om haar heen
bou ‘n muur van sand en steen
heinings om haar hart…
as sy dan nie mag vlieg nie

maar laat haar sing –
suiwer note wat deur duister dring
verby die tralies van iedereen se kluisterkou
en oor elke skans uit vrees gebou

© Carma Shaw
28 Maart 2019
10:28




Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

4 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Pikettie het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Pikettie het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Arnold het ‘n nuwe publikasie gemaak