DNA SPEL VERLANG
DNA SPEL VERLANG
Jou dna lê opgedam in die wegsteek-hoekies van my lyf.
Jou asem verfkwas wasem-prentjies teen die leë vensters van my hart.
Die monoloog van jou wegwees word splinter-stukkies mosaïek wat branderbreek onder my kaalvoet-dans se rou….. En.
En iewersters buite die realm van verlang,
sing ‘n rooibruin mossie ons lied.
Sonder om te weet dat sy onbevange akkoorde nie ons Sprokie kan red.
Kyk mooi na jouself, liewe Bokkie my babie; en mag vandag ‘n epiese liefhê-vers vir jou maak.
©Liza Daniells
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.