Wintergriep – Brons
Winter se ysige vingers sluit
om die warmte van my asem.
Skeur die voltros lewegewers
uit die holte van my bors.
My liggaam bol in embrio beskerming
teen die spasm van my lyf,
Stadig verloor ek die stryd
teen die winter se wreedheid.
4 Kommentare
-

Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Junie 2019 projek
-

Loretta Szikra
Hoe slaan jy die spyker op die kop. Ek dink ek het die stryd teen die winterfeeks se aanslag lankal verloor. Ek kan glad nie in die koue funksioneer nie en is so passief soos n baksteen. Dis aaklig.- kie koue meen ek.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Amanda
verskoon asb. ek bly vergeet om BRONS by te sit. Ai die ouderdom darm