Tuiste vir ‘n seekind
ek mis die reuk van jou soutasem
wat deur my roomwit gordyne waai
die duining van jou hartklop
speel vroeg al spieëlglad oor my baai
en spoeg sy wit skuimbolle
woedend tussen die rotse
met jou diep sug
verdonker die horison
rek jy oor my strande
en kom teken jou prentjies
in wasem
teen my skuimwit glas
ek het jou sout in my are
en jou seesand in my siel
tussen jou skulpies
lê my hart vasgevang
my voetspore in jou duine verdiep
as jou skoonheid my betower
fluister jou winde sag in my oor
welkom tuis, seekind
©Jessica Venter
11/07/2019
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.