Daar’s ‘n wilde wind wat waai
DAAR IS ‘N WILDE WIND WIND WAT WAAI
daar’s ‘n wilde wind wat waai
my siel onrustig, deurmekaar
in rigtings ver verwyder
na wanhoop van die lewe se ashoop
daar’s ‘n wilde wind wat waai
deur hartstog en verdriet
van verlies lankal verlore
in donker grotte versteek en afgesonder
daar’s ‘n wilde wind wat waai
soos die opskop van ‘n hings
ongetem, los en vry
in groen weivelde met sy God versoen
Kopiereg Lynne 2019
2 Kommentare
-

Koos Elsum
Dankie vir die gedig in die Vrystaat se September maand. Ek ervaar die swaar en hoop. Ons leer deur te ander te lees en kommentaar te lewer. Ek het onderneem om ń kommentaar telling teen 10% of beter vd aantal eie plasings te onderhou. Kan ek jou vra om dieselfde te doen en so die Ink ervaring vir almal te verryk.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Augustus 2019 projek