oud vroom oud
na slegs vyf jaar op my duin
sak daar ‘n rustigheid oor my neer
ten spyte van jare se adrenalien bestaan
het my siel sy tuiste gevind oor die blou see
dink ek vanoggend aan vroomheid en ouderdom
meeste mense raak soms skielik vroom wanneer
hul ouer word en begin besef hul tyd loop uit
ander dink dat ouderdom vroomheid bring
valse vroomheid word gou ontmasker
vroomheid word aangeleer nie
dit is soos geloof vanuit
jou siel na buite
wat dit soos
‘n lig skyn
Sy Lig
©Teárlach
(Om goeie oupas en oumas te wees is dalk vroom genoeg vir ons)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.