Jongste aktiwiteit:

Soet wraak van Herodias

die maan verlig die donker sel, 
gooi sy strale oor die apostel
wat met sy moeë lyf
teen die growwe muur stut
hy sluit sy oë in gebed
terwyl die hoonlag
van besope hoëlui
onheilspellend naderkruip

sy gooi haar heupe sywaarts
en met ‘n wulpse beweging swaai sy
ritmies in sinlike genot
voor Herodus Antipas heen
wellus skuil in elke draai van haar lyf 

in die donker skaduwee grynslag Herodias
haar wraak is soet
op ‘n silwer skinkbord pryk die laaste avondmaal
gevlek met Joodse bloed

©️ Amanda




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Cornien het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Tearlach het ‘n nuwe publikasie gemaak