Wegsakpsalm vir ‘n vismens(silwer)
Want ver uit die niet het ek in jou en jy in my,
in my digaar wals
op ‘n spoor na ‘n vlerklose bestaan
waar die dowes ons kan hoor;
dans in blinde skakerings-
nes die diffraksie van lig
oor ons wange kus
en my kleurlose menswees artikuleer,
is ek spraakloos siels-getroos.
Want ‘n engel kon ek soen,
daai laat middag kondemnasie
wyl ek in meditasie ‘n vismens wou word
en meerminne van hul baaikostuums wou ontklee,
máár goeie nag mnr die son kom wee
skubbeloos in wind en weer
van iewers uit jou ingelêde tas
in droom en realisme,
verstik ek aan klein stukkies terwyl jy my verdrink
in ‘n wegkwyn refrein
binne ‘n afrika bordeel;
speel ek my mondfluit melodiek
vir skemerbos en laatnag wyn
vir oë wat tot onder in die dieptes van daai rabbithole kan sien.
©Morné du Preez
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Desember 2020 – OOP-projek