Glinster in jou oë(silwer)
Daar is ‘n glinster in jou oë
in die bloedrooi smeulende nag,
ek tuimel weg in jou melodiek
vedrink in jou geur;
hang my oor jou gedagtes
want die liefde het twee kante-
daar is kleur in sy dieptes
en ‘n geraas in sy stiltes
‘n hunker verlange wat soos turksvye hang
en die bitter wat weg van ons breek
stamp my voete in die stof
sing my siel sonder verlof.
©Morné du Preez
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2021 – Liefdes-projek