Spieëlbeeld
Wie is ek en waar kom ek vandaan
Hulle sê die spieëlbeeld van my ma
Tog is ek nie soos my ma
Sy is op ‘n ander planeet se baan
Sy is so skerp soos ‘n potlood en agtermekaar
Daar is niks wat sy nie kan doen
Sy laat spore van agter haar
Sy kan haar met enigiets versoen
Tog lê ek diep gewortel in haar bestaan
Want ek lyk soos my ma
‘n Ware spieëlbeeld van haar
Daarmee moet ek versoen
In my hart begeer ek om te wees soos my ma
Daai gedagte sal ek maar net laat gaan
Ek sal nooit kan doen wat sy doen
Tog bly ek haar bewonder hier in haar 90ste jaar
Geskryf deur C Diederiks ©
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2021 – OOP projek