Gedagtes oor jou (Silwer)
saggies kom kuier jy
om die hoeke van my denke
vee liggies
die verborge gisters bymekaar
soos weggesteekte geskenke
sirkeldraai deur my onthou
om lank vergete herinnerings weer oop te vou
een vir een swiep hul op
dwarrel en draai, heen en weer
sak dan later saggies eenkant neer
sommige gedagtes donker van pyn en seer
ander weer bros en lig van kleur
spatsels vol vreugde, sondeurdrenk
eens ‘n kosbare liefdesgeskenk
‘n mengelmoes vol lewenskleur
ek het daaroor geen beheer
kan die dwarrel van die wind nie keer
telkens kom sirkeldraai jy ongevraagd
maar net weer en weer
al wil ek my daaraan nie steur
©Driekie Grobler
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2021 – OOP projek