Jongste aktiwiteit:

Seile voor die wind (Silwer)

So baie keer
vra ons die Heer
vir genoeg wind
sodat ons ‘n bestemming kan vind.

So baie keer wag ons lank
met oë moeg gestaar na die kim se rand
en dink wat ons kan vermag
wanneer God die wind stuur, eendag.

‘n Dobberende skippie wat taan
wiegend op die lewe se groot oseaan
ongeduldig wag dat die wind die weg moet baan
maar dan vergeet om die seile reg te span.

En wanneer ons dan wakker skrik en sien
die wind is lankal reeds voorsien
ons moes net opstaan, ons hande lig
sodat die seile gedraai kan word na die wind se kug

dan bol die seile in die wind
word ons skippie aangedryf na die eindpunt
waar ons skat van drome lê
en wag vir ontgin en reg belê.

©Driekie Grobler




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed