Bewaar Tyd
sluitel draai
gee veer krag
aan juweel geanker wiel
ratte draai in skaal
naalde steek af
die dag
ń muur god gesig
het beste plek
die dag se middelpunt
oë slaan ag
op afskop merke
wegspring
hardloop
stop
muur god kindjie
blink agter glas gesig
jaloers oë waardeer
die kosbare arm
tyd
muur horlosie
staan tydloos in ń hoek
arm horlosie
lê toe in laaie
oë fokus nou op flikker beelde
wat tyd in nano sekondes
konstant korrek
rapporteer
tyd beur deur
geratte ou vadersklok
minatuur arm band
atoom akkurate skerms
oneindig brand die tyd
ń gat
in my saak
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.