Jongste aktiwiteit:

Berge-kind

Ek is ‘n berge-kind
want dis waar ek rus vir my siel vind
net om weg te kom van die gejaagde lewe
gee my soveel plesier en vrede.

Ek sal vir ure op ‘n rots in die son sit
en grashalms pluk
om aan te kou
terwyl ek die werk van God se hande aanskou.

Ek hou daarvan om na die maan te kyk
en die sterre wat in die hemelruim pryk
die helder suider-kruis
herrinner my opnuut ek is tuis.

Dis asof die berge met my praat
en vir my sê dat God my nooit sal verlaat
dat God altyd daar vir my sal wees
in die onbekende toekoms wat ek vrees…

MC Marx (C)




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed