Jongste aktiwiteit:

My hart se sprokies wêreld

ek wens ek kon verdrink,
voel hoe adrenalien opbou
voel hoe my liggaam
baklei om te leef
baklei vir ‘n skeppie asem
voel hoe my hartklop
styg en stadig daal

ek wens ek kon voel
hoe my hart tot ruste kom
en my siel tot kalmte bedaar,
ek wens ek kon my oë toemaak
en dan verdwaal deur die lig

na ‘n wêreld
met ‘n verbuigte realiteid
‘n sprokie waar almal
luister en hoor,
sien en verstaan,
omgee en lief hê

‘n wêreld waar my hart
vrede voel,
veilig voel,
vreugde voel,

tuis voel

‘n wêreld wat nie
my probeer vorm
in ‘n tipe ideale nie
‘n wêreld wat nie
my vlerke van vryheid
probeer knip nie
‘n wêreld wat nie
my stem lig maak
en wegwaai nie

ek smag na hierdie wêreld
wat binne my hart
versteek is
waar ek met my kaal voete
op die rou grond kan hardloop,
my vlerke sprei en vlieg
en van die piek van die hoogste
berg af kan skree en
my eggo kan hoor




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • LT het n geregistreerde lid geword

  • Pierce het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Isha Welman het ‘n nuwe publikasie gemaak