Misterieuse Liefde
Die vol ronde maan hang goud geel gloeiend
in die donker swart silwer skadu nag lug
my hart op galop ons liefdesang dans vloeiend
passievol is ons liefdesgeluk nou in oomblikke bevrug
skram skalks saggies fluister die liefde misterie oortuigend
liefde is ‘n vaste paradoks van raaiselagtige begrip
sien jou liefdevolle oë wat my beloer stip
dan onthou ek ook jou oë kwaad oorwegend
ek proe die wrang bitter smaak van baklei
is my hartklop se doef-doef ritme polsend
en ons liefde vir nou misterieus en vloeiend
wanneer jou arms liefdevolle oomblik oor my gly
maar tyd glo ek sal leer of liefdesgeluk
nou vir altyd altyd sal hou of misluk
© Anita van der Walt
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.