Vir Elma. (SILWER)
Vir Elma
in die diepe skadu’s van ons gene, versteek
die sluimerende monster van abnormale seldeling
groei van kwaadaardige gewas of tumor veroorsaak
K A N K E R !
aaklige monster bedreig oud en jonk,
alle rasse, mans en vrouens, ryk of arm
my geliefde vriendin, stralende vrou van God
… ook JY het die monster nie vrygespring:
kankermonster het sy kloue in jou ingeslaan
jy – steeds moedig gebly en die stryd gestry
in die diepe skadu’s van ons gene, versteek
het jy soos vuurtoring bly staan in die storm
met elke nuwe sonsopkoms, het jy geglimlag:
nog ʼn dag aan jou geskenk om jou lig te skyn
dapper het jou diamant bly skitter, al was
die stryd om oorlewing dikwels so vol smart
in die aansig van verterende pyn, het jy fier,
regop bly staan – die erfenis van jou lewe
stralend, sprankelend, nou vry van smarte
so sal ons jou gedenk en vier: vreesloos
jou gesig opgehelder met die mooiste lag,
ʼn engel het huis toe gegaan – stralende ster
hierdie ode dra ek nou op aan jou – naby en ver
jou gees leef voort in ons harte en gedagtes …
©MarleneErasmus
20/07/2023
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Julie 2023 – OOP projek