bittersoet
selfs Aristoteles se keel sou vertrek het
sou hy hierdie bitter-suur-umami moes proe
die smaakknoppies op my tong reageer skerp
en my keel trek saam, so asof dit my waarsku
dat wat ek nou proe dalk skadelik kan wees
die eenvoudige pikantheid van die smaak
laat my liggaam byna sidder van suur
so suig ek aan die wilde vrug
totdat ek naby sy pit kom