vaag
die jare sit ryp op sy wange
holtes verskyn waar rondheid was
ouderdoms merke verskyn op sy vel
die kyk in sy oë is soms nie meer skerp
soms vir ‘n oomblik kyk hy verskonend
asof iets gebeur wat hy kon verhoed
selfs die gedagtes aan wat lewe is
begin daagliks meer vervaag