wat as
helder skyn oggendson
verlig my kamer in goue skyn
gedagtes drome in vervliet
wil net neig na verdriet
wat as – woorde opraak
net vaal trane op papier verskyn
as lewe soos uurglas saggies
by jou oog verby sak
hoogstaande woorde
met minder emosie verskyn
soos verhewe statusse
kom en verdwyn
as ink opraak en vergeel
soos papirusrolle in vergetelheid
vergeel en versplinter verval
wat as dit jou laaste vers is
©Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.