Jongste aktiwiteit:

daar

 

teen my duin

rus ek saggies                                                                       

stadige eensame

beweging van lewe

soos die huislose

krappies skarrel

ek van gedagte

tot gedagte

 

daar waar

ek eens was

in berge en dale

onder bosreus se

se groen kombers

natvoet strome

klanke van rus

druppels kus

 

hier is daar

waar my siel

sweef oor alles

intens alles herleef

op maat van deining

saam op nat sand

soek na woning

en die kroning

 

© Tearlach.

 

 

 

 




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed