Bitterbessiebos
onaangenaam kom lê dit diep
ń brandende bossie giftige smaak
spore van verlange strepe
lê oor die wange
verkleineer en uitgewerp
in ń gebreekte spieël lê die skerwe
uitmekaar geskeur en geen terugkoms
die uiterlike voorkoms
met ń negatiewe uitdrukking
ń onverskillige gesindheid
van neerslagtigheid beur deur die kokon van verwerping
skielik beur daar ń teenkandidaat
en dwarsboom ń geteisterde brein
vrywilliglik maak die hart ń omkeer
spoel positiwiteit deur die golwe verruklik
en bitterbessiebos lê verstrooid
uitgewis ń nawelbreuk
eenkant
terwyl oorwinning sing in die vlees
©️Louisa van Vliet
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir Mei 2025 – OOP projek