duister
uit die duister van my siel
waar geen lig kan oorleef
kom daar flitse van klank
wat kartets teen my wang
oor die droë duine van gedagtes
waar lewe soms klankloos wag
verskyn daar ‘n geraamte stug
wat dreig om alles te verdoof
oor perkament van my skrywes
waar bykans geen emosie kleef
is dit onmoontlik om nog te soek
sê ek: hello duister my ou vriend
© Tearlach.
(duisternis : die afwesigheid van lig)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.