portale
dagbreekson stroom na bo
sonstrale weerkaats heen en weer
deur portale van my duinehuis
van ou na nuwe spieëlbeelde
wat kartetse gooi na buite
dit verlig al die donker
skaduwees om my
vertel van alles
wat vashou
van alles
wat
losmaak
wat aanhou
en al bouend
die hoekstene
vir more lê
dit bring
lewe
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.