Jongste aktiwiteit:

doodstyding (Goud)

die tyding

van Moeder se heengaan          die nuus

dat haar dralende koma-asem

weggeraap is deur die dood

 

had my terug in my

primitief-gestroopte staat

ek het instinktief…soos knap ná geboorte

met dom-benewelde oë

die pasgeborene-lê gaan lê

 

my arms het gemaal

leeg-omhelsend…tastend

na haar, Moeder

 

my huil was g’n rousmart-huil nie

dit was ‘n snotlike getjank

uit ‘n wenende wond

 

en saam met dit was die skrikbesef

dat ek deur haar dood

geaborteer is

 

© Elmarie Nienaber Van Kampen, 2026




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed