Kaaps nooi
Dimples wat elke dag my liefde kon vat, en lag so oulik en aanskoulik mooi, verlang ek tot vandag toe, na my Elizabeth nooi. Om jou te sien op dae wat ek ver moes ry, was elke oomblik, ‘n beloonde hartklop vir my. Blonde hare wat waai in my verlange se wind, soek my vensters vir ewig nog na my Kaapse meisiekind. Ek is jammer vir al die seer en oneindig se pyn, weet net asseblief, in die hart sal jy nooit ooit verdwyn. Wees saggies waar ookal jy mag lê, die wens dat jy geluk en vrede, van hierdie siel mag hê. Loop en speel op toekoms se heuwel, mag ek jou een dag weer soen en druk, in die Almagtigheid van ons Vader se Hemel.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.